Matteus 6:19-21:

(Sien ook: Luk. 12:33-34)

19“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Waar maak jy jou skatte bymekaar? Waar lê jou prioriteite vandag?

Het die Here vandag die hoogste plek in jou lewe?

Wat meen dit om die Koningkryk eerste te soek?

Baie keer is dit maklik vir ons om op die verkeerde goed te fokus – op die fisiese, die materiële, die vleeslike. Ons fokus op die situasie. Ons fokus op die storm. Ons fokus op dit wat ons het en nie het nie.

Die huisvrou bou haar familie, gee haar lewe vir haar man en kinders, en dan gaan loop hy rond… Dan loop hy weg… Die nes loop leeg… En alles is in skerwe.

Die besigheidsman bou vir jare aan sy koningkryk, en dan op ‘n dag sluk die wêreld hom heel in en word hy bankrot verklaar.

Die bodybuilder werk aan sy / haar liggaam – sit die werk in, ure, dae, weke, maande – jare van reg eet en gym toe gaan – en dan slaan siekte of ongeluk en die lyf hou op werk. Die ledemate is lam, die brein rebelleer, die organe gee op…

Die welvaart wat ONS bou is maar tydlik, kortstondig en onseker.

Alles verander, maar Jesus nie!

Ek wil jou aanmoedig, vandag nog, sit die Here eerste in al jou kom en gaan. Maak vir jou skatte bymekaar daar waar die vyand geen inbraak maak nie.

Vind jou skuiling, jou voorsiening, jou welvaart vandag nog in die Here – in Hom is vrede wat die verstand te bowe gaan, liefde sonder grense en perke en genade wat die in slawerny vrymaak.

Kies vandag om al jou bekommernis aan die voet van die Kruis te lê. Kies vandag om die swaar kleed van sonde, angs en vrees uit te trek. Kies Jesus vandag. Sit Hom eerste en jy sal sien hoe Hy in jou lewe kom beweeg.

Sit Hom eerste en selfs die sterkste storm wind sal nie jou vrede verwaai nie, die vuur sal nie jou vreugde verteer nie, en die vloed sal jou nie oorweldig nie. Sit Hom eerste!

My gebed vir jou is dat, soos jy Hom soek, Sy liefde en goedertierenheid jou sal omvou – dat jy snoesig in Sy hart verberg sal wees, en dat Sy aangesig op jou sal skyn. Dat Sy vrede en vreugde jou krag sal wees en dat jy sterk sal staan op die Rots van jou Verlossing vandag.

In Jesus naam.

As jy gebed nodig het, of meer wil leer van Jesus, sien asb die kontak besonderhede hier onder.

Jesus het jou lief.

 

If you need help in the process, prayer or would just like to know more about Jesus call or whatsapp:

Men’s contact: Andre Labuschagne 065 370 3806
Ladies’ contact: Kailie Labuschagne: 079 037 4024
For professional counselling: 066 290 6339 / info@raphacontact.co.za
For help with addiction issues / pastoral counseling: 065 370 3806 / andre@adlabuschagne.co.za